Fotos
Tuisblad Meer oor ons Dienste Raak betrokke Nuusbrief Produkte Seminare Kontak ons
Fotos
Tuisblad Meer oor ons Dienste Raak betrokke Nuusbrief Produkte Seminare Kontak ons

Was dit nog altyd jou begeerte om volkome toegewyd aan God te leef en die lewe in oorvloed te ervaar?

Laat toe dat God wat vrede gee, jou na gees, siel en liggaam genees.

Baie Bybelse Profesieë het reeds in vervulling gegaan, wat daarop dui dat Jesus Christus *(Yeshua) se wederkoms voor die deur is. Daar is baie leringe oor die eindtyd, maar Vader God het ons ‘n leemte gewys in die leringe  wat handel oor die gereedmaking van ons as mense vir die wederrkoms van Jesus Christus * (Yeshua).

Ons as mense bestaan uit 3 dele. Ons is 'n gees, wat beskik oor 'n siel en wat woon in 'n liggaam. Die siel vlak bestaan uit die wil, intellek en emosie. Wanneer ons, ons hart vir die Here gee, behoort ons gees aan God. Ons siel en liggaam trek egter nog steeds weg van God af weens ons sondige natuur. Ons wil so graag die goeie dinge doen wat pas by 'n kind van God, maar ons is vasgevang volgens Romeine 7:22 - Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, maar ek vind in my doen en late 'n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees. Dit maak my 'n gevangene van die wet van die sonde wat in my doen en late aan die werk is.

 

Vader God het vir ons die beeld van 'n huisie gegee. Stel jouself voor dat jy as mens 'n huisie is. Vader God staan by die huisie se dak en stort alles wat ons nodig het in oorvloed by die huis se dak in. Hy stort onder andere liefde, genade, goedheid, guns, goeie menseverhoudinge, goeie gesondheid en goeie finansies alles in oorvloed vir ons in, volgens Johannes 10:10. - Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

 

Die vraag is: Hoekom ervaar ons as kinders van God nie hierdie oorvloed op alle terreine van ons lewe nie? Hoekom dink ons nog aan verkeerde dinge, hoekom sê ons nog verkeerde dinge, hoekom doen ons nog verkeerde dinge en hoekom ervaar ons nie gesondheid in oorvloed soos wat God vir ons bedoel het nie?

 

Die rede is dat ons uit onkunde, ons huisie se deure en vensters oopgelaat het. Alles wat God vir ons, by ons huisie se dak ingestort het, vloei weer by die agterdeur en vensters uit. Net soos God nie met geweld ons hart in besit neem vir Hom nie, kan niemand ons huisie se deure en vensters oop forseer nie. Ons moet self verantwoordelikheid aanvaar daarvoor. Oorvloedige Lewe Bedieninge wil hierdie kennis vir jou gee om die deure en vensters te identifiseer en jou help volgens die Bybelse riglyne hoe om hierdie huisie se deure en vensters toe te maak en nie weer oop te maak nie, sodat jy heiligmaking kan nastreef.

 

 

 

Is jy gereed vir Jesus Christus  *(Yeshua) se wederkoms?

 

 

Die doel van Oorvloedige Lewe Bedieninge is:

 

- Om mense die nodige kennis te gee omrede die volgende waarskuwing in Hosea 4:6 - My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

- Om mense te begelei tot geestelike, emosionele en fisiese heling.

- Om mense te leer om self die geestelik stryd te stry waarvan Efesiërs 6 praat

- Om mense te help om die outoriteit toe te pas wat elke gelowige gekry het volgens 1 Petrus 5:8-10

8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

9 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.

10 En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons 'n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!

- Om die lewenskwaliteit van gelowiges en die hele gesin te verbeter.

- Om mense voor te berei vir die wederkoms van Jesus Christus *(Yeshua): volgens 2 Petrus 3:11-14

11 Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie?

12 julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.

13 Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en 'n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.

14 Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.

- Om kennis van die waarheid en vryheid te verkondig volgens Johannes 8:31-32

31 En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels.

32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak

 

 

Skrifaanhalings is uit die 1933/1953 Vertaling.

*Yeshua  is die Hebreeuse naam vir Jesus en ons persoonlik verkies om Hom op Sy Hebreeuse naam aan te spreek.

 

 

 

 

Wat het Jesus  *(Yeshua) gedoen?

Matthéüs 4:23 - En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.

Jesus  *(Yeshua)  het Sy 12 dissipels uitgestuur:

Matthéüs 10:1 - En Hy het Sy 12 dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.

Matthéüs 10:7 - En gaan preek en sê: die koninkryk van die hemele het naby gekom.

Matthéüs 10:8 - Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

 

 

1 Thessalonicense 5:23

En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak en mag julle gees, siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!

Tuisblad Meer oor ons Dienste Raak betrokke Nuusbrief Produkte Seminare Kontak ons Fotos