Dis sekerlik enige mens se hartsbegeerte om gesondheid in oorvloed te kan ervaar. Om nie elke dag kroniese medikasie hoef te drink en van pille afhanklik te wees nie. Ja, jy kan, as jy kies om God as jou Geneesheer te aanvaar en die pad saam met Hom stap om by genesing uit te kom op liggaamlike, sowel as geestelike en emosionele vlak. Hierdie is die kennis wat ons jou wil gee sodat jy die pad kan stap na Gesondheid In Oorvloed.
Spreuke 3:7-8
7 Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad;
8 dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.
- Om die werklike oorsaak (wortel) van die probleem te bepaal op gees, siel en liggaamlike vlak.
- Om nie net die simptome te behandel nie.
- Om jou te leer om te luister na jou liggaam se spesiale behoeftes.
- Om jou die kennis te gee van wat jy behoort te vermy, wat sleg is spesifiek vir jou op gees, siel en
liggaamlike vlak.
- Om die Bybelse riglyne te gebruik om Gesondheid in Oorvloed te ervaar op gees, siel en liggaamlike vlak.
- Hindernisse wat in die pad staan van genesing.
- Die uitwerking wat emosies het op jou genesingsproses.
- Die geestelike wortels van siektes.
- Hoekom word ons siek?
- Of my voorouers se sondes my gesondheid kan beïnvloed?
Ons weet almal dat misdaad besig is om hande uit te ruk. As ons na die nuus luister, ervaar ons onder andere woede en vrees oor al die geweld en misdaad in ons land. Ons probeer om onsself te beveilig deur sekuriteitsmaatskappye, alarmstelsels, diefwerings, korttermynversekering, ens. Ten spyte daarvan raak ons nog steeds die slagoffers van misdaad.
2Timotheus 1:7 Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
Dit het tyd geword dat ons, ons sekuriteit in God die Vader begin stel. Ons moet vir Hom begin vra om Sy engele opdrag te gee om ons en ons eiendom op te pas. Slegs dan sal ons vrede en rustigheid kan ervaar, selfs in 'n land wat deur misdaad geteister word.
Vrees is die teenoorgestelde as om geloof te hê. Ons besef dikwels nie, dat as ons vrees toelaat in ons lewe, dat ons sonde doen nie.
Openbaring 21:8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
Ek het 'n getuienis gehoor van 'n tannie van amper sewentig jaar wat alleen woon in haar eie huis. Haar huis is op die hoek van die straat en oorkant haar huis is daar 'n oop stuk veld. Dus die ideale ontsnappingsroete vir diewe. Sy het al vele kere gesteelde goedere van ander mense voor haar huis opgetel wat die diewe net daar gelos het. Die polisie het al geweet as hul 'n telefoonoproep van haar af kry, dan is dit weer iets wat sy op haar sypaadjie gekry het wat deur diewe daar gelos is. Toe hul een van die diewe gevang het en hom gevra het waarom hy die gesteelde goed daar gelos het, was sy antwoord dat hy so bang geword het vir die baie groot mense wat om die huis gestaan het wat spierwit klere aangehad het. Hy het heelwaarskynlik engele om haar huis gesien staan.
- Individuele konsultasies in spreekkamer of telefonies
- Toespreek van groepe op uitnodiging bv. kerke, skole, selgroepe, oggendtee’s en naweekkampe
- Aanbied van seminare en inligtingsessies
- Uitreike na plakkerskampe rondom Pretoria
- DVD's, CD's en plakkate
- Bied gereeld "Gees en Waarheid Wegbreek Tye" aan met verskeie onderwerpe.
Nooi ons gerus uit om kinders, vrouens of mansgroepe te kom toespreek.
Ons het reeds 24 verskillende voorwerpe om van te kies. Gaan kyk gerus onder die Produkte afdeling vir ‘n volledige lys van beskikbare onderwerpe.
Die eerste bediening waartoe Vader God vir Louise geroep het was: Gesondheid In Oorvloed in Augustus 2007. Dit wat sy op haarself met groot sukses toegepas het, het sy vir ander mense ook begin leer. Sy gebruik nou al vir langer as ses jaar geen van die sewe chroniese medikasies wat aan haar voorgeskryf is nie en geniet die beste gesondheid ooit. Sy het in Januarie 2008 begin met die tweede bediening: Beskerming In Oorvloed. Dit is waar ons vir mekaar begin bid. Vader God het egter vir Albie en Louise gelei om in Oktober 2008 saam te begin werk onder die oorkoepelende naam van: Oorvloedige Lewe Bedieninge. Die inligting wat deurgegee word, het ewigheidswaarde, alhoewel mens op aarde ook reeds 'n lewe van gesondheid in oorvloed kan geniet!
Die doel van Beskerming In Oorvloed is:
- Om hande te begin vat en vir medewerkers te begin bid vir beskerming van ons eiendom, finansies, werk,
onsself, ons gesinne en ons gesondheid.
- Om self seën te ontvang wanneer ons uitreik na ander mense in gebed volgens Job 42:10 - En die HERE het
die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die HERE het Job se besittings vermeerder tot
dubbel soveel as voorheen.
- Om vrywillige medewerkers te kry wat Oorvloedige Lewe Bedieninge kan ondersteun deur gebed en/of finansiële bydraes.
- Om mense te leer om suksesvol te wees in gebed deur die Woord van God as riglyn te gebruik.
- Om d.m.v. e-posse en sms’e betroubare gebedsversoeke en getuienisse van mense in nood te versprei aan
medewerkers.