Tuisblad Meer oor ons Dienste Raak betrokke Nuusbrief Produkte Seminare Kontak ons

Die aanbieders:


Albie en Louise is net gewone mense wat bereid is om as instrumente in die hand van die Here te dien. Hul was nie deur 'n teologiese skool nie, maar net deur die skool van die lewe.


Louise se lewe is reeds twee maal deur wonderwerke gespaar. Sy het ook 'n hemelse ervaring gehad. Sy het voorheen as apteker asook natuurlike gesondheidspraktisyn gewerk. Sy is nou reeds meer as ses jaar sonder enige van die ten minste sewe chroniese medikasie waarop sy lewenslank sou moes wees. Al die kennis wat deur Oorvloedige Lewe Bedieninge verskaf word, is reeds op haarself ook met groot sukses toegepas.


Albie was 'n tandtegnikus met sy eie tandheelkundige laboratorium. Hy het 'n geloofstap geneem om uit die tandheelkundige bedryf te gaan, nadat die Here gesê het dat dit nie sy roeping is nie. Twee dae nadat hy sy laboratorium gesluit het, het 'n kerk hom gevra of hy nie die multimedia van die kerk sal hanteer nie. Hy het die eredienste en getuienisse met 'n videokamera afgeneem en dan oorgeplaas op DVD. Hy doen tans al Oorvloedige Lewe Bedieninge se CD’s en DVD’s  asook die ontwerp van die besigheidskaartjies en plakkate. Albie is gebore met 'n rare siekte wat veroorsaak dat hy met 'n fluisterstem praat. Ons glo en dank die Vader al reeds dat Albie binnekort volkome genees gaan wees!


Albie en Louise het 'n pragtige seun, Johan. Ten spyte daarvan dat dokters gesê het dat Louise heelwaarskynlik nooit swanger sal kan raak nie, het 'n wonderwerk plaasgevind en is Johan op 7 November 2000 gebore.


Louise het haar roeping, Gesondheid in Oorvloed, voltyds begin doen vanaf Augustus 2007. Die Here het Albie en Louise gelei om Oorvloedige Lewe Bedieninge saam as 'n span te begin doen, vanaf Oktober 2008. Oorvloedige Lewe Bedieninge is die oorkoepelende naam wat ook Gesondheid in Oorvloed en Beskerming in Oorvloed insluit!