Raak betrokke.

‘n Groot weduwee en weesprojek in Afrika het op ons pad gekom waarby Oorvloedige Lewe Bedieninge moontlik in 2012 betrokke gaan raak. Tot dusver het ons baie sterk gefokus op die volwassenes, maar ons is oortuig dat God die Vader wil hê dat ons selfs vir klein kindertjies van baie vroeg af moet voer met die Woord van God. Daar is kinders wat honger en dors is, maar daar is niemand wat vir hulle kan voer met die Woord van God nie. Ons vertroue is dat God mense in hierdie tyd sal oprig om ons te ondersteun om kinders te voer met die Woord van God.

Hoe jy betrokke kan raak:

Die dienste van hierdie interkerklike bediening word moontlik gemaak deur die tiendes, offergawes en gebede van mense wat vrywillig medewerkers word in die verkondiging van die ware evangelie van die Konkinkryk van God aan alle nasies en om die siekes gesond te maak. Enige vorm van bydraes is welkom en word met dank ontvang. Ons bid vir elke medewerker lewe en oorvloed toe!


Vul asseblief meegaande medewerker registrasievorm in om betrokke te raak by die dienste van Oorvloedige Lewe Bedieninge.






• Ons het almal een baie belangrike opdrag ontvang.

Mattheus 28:18-20  

18 En Jesus het nader gekom en met hulle

    gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.


19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die

     Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om

     alles te onderhou wat Ek julle beveel het.


20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding

     van die wêreld. Amen.


Lukas 9:2Jesus het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te                         maak.


Markus 16:15 Jesus het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse                                  mensdom.


Hoe gaan ons weet wie 'n dissipel is?

Johannes 13:35 - Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.


• Deur jou gebed en/of finansiële bydraes vir Oorvloedige Lewe Bedieninge kan jy dit moontlik maak dat    soveel as moontlik mense bereik kan word met die boodskap om gereed te wees vir Jesus Christus *(Yeshua)    se wederkoms.


• Kontak ons gerus vir meer besonderhede van hoe om ‘n vrywillige medewerker te raak.


*Yeshua  is die Hebreeuse naam vir Jesus en ons persoonlik verkies om Hom op Sy Hebreeuse naam aan te spreek.





Medewerker Registrasievorm.doc

Tuisblad Meer oor ons Dienste Raak betrokke Nuusbrief Produkte Seminare Kontak ons