Nooi ons gerus uit om ‘n seminaar oor enige van ons 24 beskikbare onderwerpe aan te bied vir mans, vrouens of kinders.
Oorvloedige Lewe Bedieninge bied gereeld Gees en Waarheid Wegbreke (GWW) met 'n wye verskeidenheid onderwerpe aan.
Jesus Christus *(Yeshua) gaan weer kom om Sy kinders te kom haal. Sy kinders moet ONBERISPELIK wees: Gees, siel en liggaam volgens 1 Thessalonisense 5:23: "En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak en mag julle gees, siel en liggaam geheel en al ONBERISPELIK bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!"
2 Petrus 3:14 sê "Daarom geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle VLEKKELOOS en ONBERISPELIK voor Hom bevind mag word in vrede."
Ons as mens bestaan uit 3 dele. Ons is 'n gees, wat beskik oor 'n siel en wat woon in 'n liggaam. Wanneer ons, ons hart vir die Here gee, behoort ons gees aan God. Ons siel en liggaam trek egter nog steeds weg van God af.
Ons gaan onder andere op die Gees en Waarheid Wegbreek (GWW) kyk: Waarom ons as kinders van die Here nog steeds sukkel met wat ons dink, doen, sê en hoe ons voel - selfs liggaamlik. Ons gaan ook kyk wat die werklike oorsake van siektes of oorgewigsprobleme is.
Die Bybelse beginsels wat ons oor die afgelope 4-5 jaar toegepas het op ons self, wil ons graag in die Gees en Waarheid Wegbreek (GWW) deurgee aan ander mense. Kom leer hoe jy 'n lewe van Gesondheid in Oorvloed op liggaamlike, siel en geestelike vlak op aarde kan geniet MAAR wat ook ewigheidswaarde het!
Hierdie Gees en Waarheid Wegbreke (GWW) word aanbeveel vir mense wat siek en sat is om siek en sat te voel, asook vir mense wat selfs geen liggaamlike simptome het nie. Elke liewe mens kan baat deur die nodige kennis te verkry wat tydens die Gees en Waarheid Wegbreek (GWW) aangebied gaan word!
Ons wil deur die Gees en Waarheid Wegbreek (GWW) kennis gee sodat jy die volgende sal ervaar, volgens Johannes 8:32 "En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak."
Jy diens jou motor gereeld, maar wat van jouself? Hierdie gaan die beste belegging wees wat jy ooit in jouself kan belê! Vir die eerste keer in jou lewe gaan jy vir jou gees, siel en liggaam 'n diens gee, volgens die Bybelse beginsels. Dit het boonop ewigheidswaarde ook!
Die Gees en Waarheid Wegbreek (GWW) gaan jou lewe verander - moet dit nie misloop nie!
Oorvloedige Lewe Bedieninge stap die pad in geloof en vra nie ‘n vasgestelde seminaarfooi nie, maar slegs ‘n donasie wat voor die tyd of tydens die seminaar gegee kan word,
Inskrywingsvorm en bewys van ten minste die fasiliteitsfooi betaling moet asseblief ten minste twee werksdae voor aanvang van Gees en Waarheid Wegbreek (GWW) gefaks word na 086 693 1508 of ge-epos word na info@oorvloedigelewe.co.za. Mans en vrouens welkom. Beperkte aantal plekke beskikbaar. Bespreek vroegtydig!
Ons is bereid om enige plek in die land so ‘n Gees en Waarheid Wegbreek seminaar of ‘n verkorte weergawe daarvan aan te bied wanneer ons genooi word na jou dorp of stad.
'n Paar van die terugvoere ontvang van vorige Seminare:
Ons lewensreis sluit soms gebroke drome, verkeerde afdraaie, haastige besluite en selfs doodloopstrate in. God se wil is egter dat ons lewens vol vrede, liefde en vreugde sal wees! Mag God se Woord die nodige kennis, insig en rigting gee aan jou lewe!
Hosea 4:6
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.
Die spreker - Louise